Zuid Afrika
Bobotie, (ovenschotel met gehakt) voor 8 personen
Kerriehoender
Kippen-Roomsoep

Bobotie, (ovenschotel met gehakt) voor 8 personen

Nodig:
2 pond gemaalde skaaps- of beesvleis (gehakt van schapen of rundervlees) - 1 groot ui, fyngekap - 2 knoffelhuisjes (knoflookteentjes), baie fyn gekerf - 2 pisangs (bananen), fyngekap - 2 kookappels (moesappels), fyngekap - 2 eetlepels botter - 1 dik sny (snee) witbrood - 1 koppie melk - 3 eiers - 2 teelepels sout - ¼ teelepel peper - 1 teelepel kurkuma (geelwortel) - 1-2 eetlepels kerriepoeder (na smaak) - 2 teelepels suiker - 1 eetlepel suurlemoensap (citroensap) of asyn - 12 stuks gekapte amandels - 'n paar lourierblare - ½ koppie rosyne sonder pit (kan weggelaat word)
N.B.: In Zuid-Afrika is 1 pond 453 gram!

Braai die uie tot ligbruin in die botter. Week die brood in die melk, druk die melk weer uit en hou die melk apart.
Meng die vleis, gebraaide uie, brood met ½ koppie van die melk, 2 van die eiers, sout, peper, kerriepoeder, suiker, suurlemoensap, amandels en rosyne, appels en pisangs.
Skep die mengsel in 'n gesmeerde bakskottel (vuurvaste schaal). Klits die derde eier, voeg daar nog ½ koppie melk by en giet dit bo-oo (over) die vleis. Steek 'n paar lourierblare in en bak tot gaar (1½ - 2 ure) in 'n stadige oond (in een matige warme oven, 300° F ( = ca. 150° C)
Eet met rys, appelmoes en chutney.
Geniet hierby 'n Paarl Claret. (Zuid-Afrikaanse wijn)

Terug naar de bovenkant van deze pagina


Kerriehoender

Voor 6 (zes) personen:
1,5-2 kg hoender - 10 ml sout - 2 ml gemaalde peper - 200 ml droë witwyn - 125 ml water - 25 ml botter - 1 groot ui, gekap - 25 ml asyn - 1 groot groen appel, geskil, ontpit en gerasper - 20 ml kerriepoeier - 10 ml suiker - 15 ml suurlemoensap (citroensap) - 15 ml koekmeelblom

Hierdie resep stam af van 'n ou Kaapse, een wat tamarynwater in plaas van asyn gebruik het.

Sny die hoender in porsies en geur met sout en peper. Plaas in 'n groot kastrol, voeg die wyn en water by, bedek en prut 1-1½ uur lank of tot sag. Verhit die botter in 'n braaipan en soteer die ui tot deurskynend. Meng die asyn, appel, kerriepoeier en suiker en voeg by die ui. Roer 1-2 minute lank oor matige hitte en voeg dan by die hoender. Verhit tot kookpunt en kook 5 minute lank. Meng die suurlemoensap en meelblom tot 'n pasta en roer dit by die hoender. Prut sowat 5 minute lank.
Sit dit dan voor saam met rys, met geroosterde amandelvlokkies bo-op en sambals na keuse.

Terug naar de bovenkant van deze pagina


Kippen-Roomsoep

Voor vier personen:
botter vir verbruining - 1½ kg hoender (kip) - 2½ liter hoenderaftreksel (kippenbouillon) - 2 middelgroot uie, in skywe gesny - 2-3 middelgrooot geelwortels, in blokkies gesny - 1 kruiesakkie (3 takkies peiersielie, 1 takkie tiemie (tijm), 1 lourierblaar) - 250 g gaar rys - 15 ml botter - knippie gemaalde foelie - 250 g kokosmelk***** of melk - 2 eiergele - 250 ml room - varsgeraspetde neutmuskaat

Smelt die botter in 'n swaarboomkastrol (braadpan met dikke bodem). Voeg die hoender by en verbruin liggies. Voeg die hoenderaftreksel, uie, wortels en kruiesakkie by. Bedek en prut 2 uur lank of tot die hoender sag is. Verwyder die witvleis van die hoender en plaas dit eenkant. Plaas die rest van die hoender in die kastrol terug en prut voort. Plaas die witvleis van die hoender, die rys, 15 ml botter en foelie in 'n vermenger of voedselverwerker en kap fyn. Plaas in die kastrol. Prut 30 minute lank. Voeg die kokosmelk of melk by en verhit tot kookpunt. Klop die eigele en room saam en skep dit in 'n groot, diep opdienskottel. Giet die sop in die skottel, rasper die neutmuskaat bo-oor (erboven) en sit onmiddellik voor (serveer direct).

***** Nota: vir kokosmelk laat trek 'n mens 125 ml gedroogde klapper (kokos) 1-2 uur lank op 250 ml warm melk (nie kook melk nie). Sif (zeef) dit en druk al die vloeistof uit die klapper.

Terug naar de bovenkant van deze pagina


Terug naar Koken met Floor